Sprokiesland Daycare

Sprokiesland is gestig om 'n sprokieswêreld vir kinders te skep waar kinders nog kinders kan wees. Sprokiesland is 'n speelskool in die Strand. Ons bied dagsorg dienste aan babas,...
kleuters, graad RR en R sowel as huiswerk en nasorg aan skoolkinders.
 
Ons Visie is om 'n speelskool te wees wat:
  • Kinders in staat stel om hul drome en volle potensiaal te bereik.
  • Kinders met liefde, respek en deernis behandel.
  • Uitstekende kwaliteit opvoeding bied.
  • Ouers gemoedsrus te gee oor die welstand en opvoeding van hul kinders.
Ons Missie is:
  • Om 'n sprokies-omgewing te skep vir kinders waar drome en verbeelding gekoester word, sodat kinders hul volle potensiaal bereik.
  • Om kinders met liefde, respek en deernis te behandel en daardeur hulle leer om ander met liede, respek en deernis te behandel 
  • Om kinders se take en aktiwiteite so te struktureer dat hulle speel-speel leer.
  • Om 'n bekostigbare diens aan ouers te bied, maar steeds sorg van ho gehalte.
  • Dit is ons wens om toe te sien dat elke kind in ons sorg groei en ontwikkel in goed opgevoede, selfversekerde en gelukkige individue.

Strand Advertising